{ARGIEF}

Geregtigheid

Die balans van blou, rooi en groen regte

Dit was kort na ’94. Suid-Afrika se nuwe demokrasie nog groen. Ek het op ‘n plattelandse dorpie op die grens van die Groot-Karoo gewoon. Dit was die jaar, soos nou, besonder droog gewees. Ek ry op ‘n warm bloukop koggelmanderdag in die tradisioneel bruin woonbuurt van die dorpie en sien ‘n hond kort geketting aan ‘n paal. Onsteld oor die maer hond met ‘n leë ou geel enamelbak, sonder water en kos, spreek ek die antie op die stoep aan. Sy sien toe rooi en val my met ‘n skerp tong aan. “F#*! die hond, meneer, wat van my…” snou sy my toe. Haar woorde het my laat dink …

Die Grondwet is die hoogste wet van ons land. Die handves van menseregte is deel daarvan. Die doel van dié handves is om ons regte te beskerm en te bevorder. Die handves bevat die basiese menseregte wat inherent deel van alle mense is – mense word daarmee gebore, hulle hoef dit nie te verdien nie en dit is kleurloos. Dit is soos die genade van die Here wat almal insluit. Die antie met die hond aan die ketting het ook dié regte. Dit is universeel. Meer nog, die Suid-Afrikaanse handves van menseregte is die mees progressiewe in die wêreld. Dit vorm die hoeksteen van ons demokrasie.

read more

Vreemdelingehaat kom van die Bybelse tyd af… !

Sommige is meer vry as ander… of sommer geen vryheid in Freedompark nie

RSG Nuus 23/01/2011 07:00

Xenofobie het in Freedompark, suid van Johannesburg, opnuut kop uitgesteek. Plaaslike inwoners het gedreig om die deure van sake-ondernemings van buitelanders te sluit en die polisie patrolleer die gebied. Die VN-vlugtelingagentskap is in die township ontplooi. Meer as 60 buitelanders is in 2008 weens xenofobies geweld dood, terwyl verskeie beseer en duisende dakloos gelaat is. ‘n VN-woordvoerder, Frederick Schaefe, sê die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Vlugtelinge het ook inligting oor soortgelyke aanvalle in ander dele van die land ontvang.

Hierdie artikel van Pieter van Niekerk het in Kerkbode as ‘n reaksie hierop verskyn

Vreemdelingehaat  kom van die Bybelse tyd af… !

“Hy laat reg geskied aan die weeskind en weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere. Jy moet ook die vreemdeling liefhê, want jy was self ‘n vreemdeling in Egipte” (Deuteronomium 10:18-19).

In 1990 bring ek ‘n groete boodskap aan ‘n bejaarde moeder in Alexandra van haar uitgeweke digterseun in London. Sy het ongevraagd haar misnoeë met die “inkommers” van Alexandra gedeel “Dis hulle wat Alexandra ‘n slegte plek maak, hulle het geen respek vir die etos van Alex nie”, vertel sy my. Ek was stom geslaan oor haar ongeduld met die “vreemdelinge” wat onder moeilike omstandighede ‘n heenkome in die township kom soek het. Sy het hulle weggewens, terwyl haar seun in ’n vreemde land woon.  Vandag besef ek dit was eintlik ‘n vorm van xenofobie. 

read more

Regverdigheid

Wat is die verband tussen regverdigheid en vergewensgesindheid?

Weet jy ek dink die woord wat die verband tussen regverdigheid en vergewensgesindheid die beste verwoord is regverdiging. Dis eintlik ‘n teologiese woord wat beteken om iemand regverdig te verklaar met ander woorde vry te spreek en te vergewe. Ons leer God in die Bybel ken as regverdig en betroubaar; God vergewe sodat ons kan vergewe – dis ’n  Christelike beginsel.

Kan mens rêrig vergewe en vergeet?

Ja, hierdie uitdrukking kan veral onder Christen slagoffers stres veroorsaak. Daar is ’n evangeliese appèl om kwaaddoeners te vergewe. Dis hartseer dat slagoffers se  lyding selfs vererger, omdat hulle sukkel om te vergewe en te vergeet. Sommige mense vergewe maklik en dis opreg. Daar is ongelooflike verhale van vergifnis. Ander sukkel om te vergewe, hulle het tyd nodig, hulle moet eers die seer verwerk, die onreg wat teen hulle gepleeg was, hulle pyn moet gehoor word.

read more

Onselfsugtigheid – 2de RSG-onderhoud vir Sondag Aktueel

2. Tema: Onselfsugtigheid

Vraag 1. Wat verstaan jy of wat moet ‘n mens onder onselfsugtigheid verstaan?

Onselfsugtigheid word gedefinieer as die nie soek van eie voordeel / belang nie. MAW om onselfsugtig te wees is om die voordeel en belang van ander eerste te soek en of voorkeur te laat geniet.

Vraag 2. Maar wat het onselfsugtigheid met moraliteit te doen?

Ek sou sê alles, juis omdat Onselfsugtigheid ‘n morele eienskap, en die toepassing daarvan enige verhouding versier en positief beinvloed. Maar Onselfsugtugheid is ook ‘n  christelike eienskap, maw – dit is ‘n geloofskaraktertrek – dit het ‘n godsdienstige kleur wat in ons menslike omgaan met mekaar uitgedra moet word en kan alleenlik so tot sy reg kom.

read more

Nuwe kinderwet help mens nuut dink oor kinders

Nuwe kinderwet help mens nuut dink oor kinders  Kinders het ‘n besondere plek in Jesus se nuwe wêreld. Hy tree nie op volgens die kultuur en gewoontes van sy tyd nie. Hy waardeer hulle en wys dat hulle sonder enige voorwaardes in God se oë spesiaal is. Die nuwe...

read more

GLANS PASTOOR EN SKITTER KOMMUNIS IS KOP IN EEN MUS

Pastoor Ray McCauley en Minister Blade Nzimande se uitspattige lewenstyl maak ’n bespotting van armoede. Terwyl die helfte van Suid-Afrikaners  armlastig is, lewe die twee leiers en hul maters in weelde. Mens sou verwag dat die twee vanuit hul “geloof” goeie nuus aan...

read more

Dag vier: Mense van geregtigheid

Om ‘n samelewing te bou wat waarlik ‘n habitat van geborgenheid is, het ons mense nodig met goeie habitus, mense van karakter en deug. Ons het mense nodig wat onder andere die deug van geregtigheid beliggaam. Mense van geregtigheid, geregtige, regverdige mense hang...

read more