{ARGIEF}

Gestuurdheid

Missionale Safari

Kyk gerus na Jurgens Hendriks se vertelling van die verhaal van 2010 se Missional Safari in Zimbebwe en Namibie op You Tube missional safari

read more

Weerhou ons Gereformeerde DNA ons daarvan om ‘n missionêre kerk te wees?

“A church that pitches its tents without constantly looking out for new horizons, which does not continually strike camp, is being untrue to its calling … We must play down our longing for certainty, accept what is risky, live by improvisation and experiment.” Hans Kung – The Church

Die feit dat missionêre kerkwees so ’n gewilde term in ons kerklike literatuur geword het, getuig van die worstelinge wat die meeste van ons gemeentes het. Dit is nie net die NG kerk nie, maar die meeste hoofstroomkerke wat spook om gemeentes te skuif vanaf instandhouding na missionêre kerkwees. Hoekom sukkel ons so, hoekom kry selfs predikante met goeie leierskapvaardighede en sterk missionêre harte dit nie reg om gemeentes te skuif nie, om nie eers te praat van om God se droom en die werk van die Gees te help verwerklik nie!
read more

Op reis saam met Gobabs

Die Israeliete is gereed om die reis aan te pak na na die beloofde land en dan vra Moses vir sy swaer, Gobab die Midianiet, om saam met hulle te trek. (Num. 10:29 – 32) Gobab verkies om na sy land terug te keer.  Moses hou vol. Hy verskaf twee redes:  Ten eerste wil hulle die seëninge wat hulle van die Here gaan ontvang met Gobab deel en tweedens het hulle hom eintlik nodig, want hy ken dele van die woestyn wat hulle nie ken nie.

Soveel gedagtes rondom hierdie moment in die geskiedenis van Israel word los gelaat. Ons leef self in ‘n opwindende tyd in ‘n opwindende land. Ons vind ook dat daar almeer dele van hierdie landskap van ons is wat ons nog nie werklik deurgrond het nie. Ons het ook baie seëninge om uit te deel.

Wie is die Gobabs in ons lewens?

Ons kan leer by mense van ander kultuur- en etniese groepe. Die een groep kan by die ander leer hoe bv. apartheid hulle menswees geraak het, hulle psige ingedring het, hulle verstaan van medelandgenote steeds raak.  Ons het nog glad nie genoeg geluister hoe mense geraak is deur die vergrype van die verlede nie. Ons verstaan nie werklik die woede wat daar steeds is en ook selfs opnuut losgelaat word nie. Ons het hierdie kennis nodig om saam die pad vorentoe te loop.

read more

Boomers sal moet leer om oor te gee aan die X generasie

Ek sit met 3 baie goeie gemeentepredikante en gesels oor die uitdagings van hulle gemeente. In hulle omgewing is hulle met reg bekend as ‘n vernuwende gemeente wat oor die afgelope dekade daarin kon slaag om die gemeente te vernuwe en met energie betrokke te kry by uitreik-bedieninge. Ek verwonder my oor hulle eerlikheid en bereidheid om gesprek te voer oor hulle bekommernisse sonder om hulleself in die middel te plaas. Ek praat met mense wat goed gevestig is in hulle identiteit en nie met eggo’s wat eers gepaai en koudgelei moet word nie. Hulle eerlikheid en leergereedheid help my om skielik ‘n patroon raak te sien wat ek eintlik al lankal om raakgesien het. Ek is self ‘n boomer wat dit nog vars in die geheue het oor hoe ons die kerk probeer loswurm het uit die greep van die “silent” generasie en daar waar ons daarin geslaag het gehoop het dat die kerk nou vir die eerste keer werklik kerk gaan wees. Ek dink elke generasie het seker maar so ‘n moment maar ek verbeel my ons boomers het ‘n oormaat aan hierdie selfvertroue.

Kortom:Boomer-gemeentes is in die moeilikheid as hulle nie kan leer om oor te gee aan die X-generasie nie!

read more

Geloof in die Morawiërs se agterplaas

“Brother Bohuslav will pick you up at Ostrawa Svinov station,” lui die sms. Vreemd, ek het nie gedink mense praat nog van “Brother” sus of so nie. Ons het grootgeword met die verhale van Brother Andrew en sy tydgenote, maar nou… Brother Bohuslav. Ek stap uit by die stasie – half moeg en dikkop na 17 ure se reis per vliegtuig, bus en trein, maar vind geen Brother Bohuslav nie. Na ʼn minuut of twee kom ʼn middeljarige man na my toe aangedraf. Ek kan onmiddellik sien hy het my in die oog – “Brother Bohuslav,” stel hy hom voor.

Hy groet my hartlik en warm in sy gebroke Engels. Dadelik voel ek sommer ʼn warmte en liefde oor generasie-, kultuur- en taalgrense aan. Sy motor is nie ver nie. ‘n Skoda, soos die meeste ander motors in Tsjeggië (‘n plaaslike produk). Hy vra uit oor die reis en kort voor lank gesels ons oor kerk, geloof en geskiedenis.

Hy begin praat oor Morawië en my brein begin konneksies maak – Genadendal, sending, John Wesley, Engeland, Duitsland. Ons ry nou in Morawië, ʼn geografiese streek in die ooste van Tsjeggië, wat in die agste eeu na Christus ontstaan het.

Gedurende die 14de eeu ontstaan ʼn kerk genaamd Unitas Fratrum (Broeders van Eenheid) as ʼn teenreaksie op die praktyke van die Rooms Katolieke Kerk (RKK). Hulle fokus baie sterk op eenheid, sending, piëteit en musiek. John Huss wat die groep begin het, wou sien dat aanbidding in die plaaslike taal plaasvind, die aflaatstelsel afgeskaf word, priesters toegelaat word om te trou, ‘n ander siening van die nagmaal gehuldig word en afstand gedoen word van die gedagte aan ‘n vagevuur. Hulle opstand teenoor die RKK kom ʼn honderdjaar voor dié van Martin Luther. John Huss betaal met sy lewe vir sy oortuigings toe hy deur die RKK op ʼn brandstapel tereggestel is.

read more

Kerklike leierskap in ‘n era waar die kerk nie meer belangrik is vir mense nie

Verlede naweek het ek saam met ‘n 30tal gemeenteleiers uit die Grensgebied- Frontier Country– tyd spandeer om na te dink hoe verskil geestelike leierskap van kerkelike leierskap. Ek kontrasteer dit meer  as wat ‘n mens dit behoort te doen,  maar dit is om die onderskeid duidelik te omlyn en die gesprek daarmee te dien.

Laat ek eers die verhaal vertel: Die Saterdag oggend het ons vir ‘n wyle die veiligheid van die konferensielokaal verlaat en in die dorp gaan rondloop- twee-twee soos Lukas 10 se opdrag was- om met enige vreemdeling ‘n gesprek te voer oor wat vir hom of haar belangrik in die lewe is. Sulke opdragte skep spanning, ‘n mens kon dit aanvoel maar ons het eenvoudig dit net gaan doen. Party het met karwagte gepraat, ander met die dame agter die “till” nog een met iemand in die restaurant, nog een met iemand in die parkeer terrein, nog een met iemand in die winkel. So ‘n stuk of 50 gesprekke. Meeste mense is vriendelike ontvang en die gesprekke het maklik geloop. Die antwoorde het ‘n patroon gemaak. Familie, huwelik, my kinders, werk, vooruitgang in die lewe, God, was van die antwoorde wat gereeld na vore gekom het. Ons weet nie eintlik wat die antwoorde is wat ons moes gekry het nie maar tog was ons nie werklik verras nie. Ons kon onsself erken in die antwoorde.

read more

Wat is kultuur en wat is Evangelie?

Een van die uitgangspunte van gestuurde teologie is die noodsaak van  ‘n kritiese ingesteldheid teenoor die kultuur waarbinne ‘n geloofsgemeenskap leef.  

Geen kultuur is christelik of on-christelik nie. Aan die ander kant wor die evangelie tog gedra deur die taal, simboliek en gebruike van ‘n betrokke kultuur. Ons vertaal dus die evangelie altyd in ‘n bepaalde kultuur sê Lamin Sanneh in sy bekende boek Translating the Message wat pas na 10 jaar weer verwerk en nuut uitgegee is. (Orbis Books 2009) Dit maak die evangelie kwesbaar vir kulturele assimilasie sê Lamin in die tweede hoofstuk van sy boek. Die gevaar is dat daar so ‘n proses van vereenselwiging tussen die kultuur en die evangelie plaasvind dat ons later nie meer kan onderskei tussen en die kultuur waarin dit vertaal word, en die evangelie self  nie. Andrew Walls noem dit ‘n proses van “domesticating the Gospel”.  Dit is van enige kultuur waar dat dit die skerp kante van die Evangelie sal wil mak maak wanneer dit diê bepaalde kultuur uitdaag tot transformasie.  Dit is dan wat mense sê- ek is nie so groot gemaak nie!, met die veronderstelling dat die manier waarop ek groot gemaak is- kultuur- normatief is en nie uitgedaag mag word nie.

Hierdie kulturele “blindekol” word erger wanner die geloofsgemeenskap ‘n mono-kulturele  gemeenskap is. Walls sê dit is die rede waarom monokulturele geloofsgemeenskappe uiteindelik sterf. Langsamerhand versmoor die kultuur die evangelie sodat  “plot van die evangelie” verloor word. Gestuurde gemeentes is daarom doelbewus op die uitkyk hoe hulle die kulturele “binding” van die kultuur kan breek deur uit te reik na mense buite hulle “kultuur”-groep.  Ons reik daarom uit na ander na wie die Here ons stuur.

Die vraag wat ons dan behoort te vra is: Hoe lyk die evangelie wat ons dra, hoeveel daarvan is Evngelie en hoeveel daarvan is kultuur?

Ek het die week ‘n baie leersame gesprek gehad met Danie Murray hieroor. Danie verstel dat hy na tien jaar se werk in Mosambiek ontdek het dat “ek eintlik net droog gemaak het”, omdat ek nie goed genoeg geluister het na die kultuur van die mense in Mosambiek nie. Ek voeg toe by dat dit seker ook te make het met ons eie kulturele blindekolle. Sedertdien is hy besig om meer luisterend te werk en kultuursensitief te wees.

read more